VERSTAAN PLANTEKWEKERSREGTE
VERSTAAN PLANTEKWEKERSREGTE
Kies beskermde variëteite vir ‘n mededingende voordeel
Wat is Plantekwekersregte?
Plantekwekersregte (Plant Breeders’ Rights – “PBR”) kan gedefinieer word as ‘n vorm van intellektuele eiendomsreg wat aan kwekers van nuut ontwikkelde plantvariëteite toegeken word. “Om PBR ten volle te waardeer, moet ‘n mens verstaan wat intellektuele eiendom en verwante regte is,” sê Maanda Phosiwa, Biogold Regs- en IP Direkteur. “Intellektuele eiendom verwys na die eienaarskap van dinge/produkte of idees wat ‘n persoon bedink het (skeppings van die verstand). ‘n Intellektuele eiendomsreg is die beskerming wat aan die eienaar van die produk of idee toegeken word, wat die eienaar in staat stel om ander uit te sluit van die gebruik van die intellektuele eiendom sonder toestemming of magtiging. Dit bied ook die eienaar die reg om erkenning of finansiële voordeel vir hul skepping vir ‘n beperkte tyd te verdien.” Dus is ‘n PBR ‘n reg wat aan die eienaar van ‘n nuwe plantvariëteit wat die eienaar gekweek/ontdek en ontwikkel het, toegeken word. Die reg word vir ‘n beperkte tydperk toegeken: in Suid-Afrika is dit gewoonlik 25 jaar in die geval van wingerde en bome, en 20 jaar vir alle ander plantsoorte Die tydperk word bereken vanaf die datum waarop die sertifikaat van registrasie uitgereik word.
Die eienaar van ‘n nuwe variëteit moet aan sekere vereistes voldoen voordat ‘n PBR toegeken word:
- Die eienaar moet bewys lewer van eienaarskap en die reg om aansoek te doen vir ‘n PBR vir die nuwe variëteit; en
- Die variëteit moet nuut en uniek wees in vergelyking met bestaande en naby-verwante variëteite, en moet die unieke eienskappe of kenmerke eenvormig weerspieël.
Bogenoemde vereistes is internasionaal relevant en nie uniek aan Suid-Afrika nie.
Die belangrikheid van PBR’s vir die sitrusbedryf
Produsente is altyd op soek na nuwe variëteite wat produksieprobleme of -uitdagings kan aanspreek, insluitend:
- hoër opbrengs-alternatiewe;
- variëteite met verskillende rypword-periodes wat produsente in staat stel om voordeel te trek uit vroeë of laat aanbodvensters om hul produk te bemark;
- nis-variëteite wat unieke eienskappe soos uitsonderlike kleur, smaak, grootte of gerieflikheid het wat ‘n mededingende voordeel vir produsente skep;
- droogte- en siektebestande variëteite wat meer veerkragtig is in terme van omgewingsomstandighede in hul omgewing; en
- variëteite om saad (minder of geen saad) en ander interne eienskappe aan te spreek in reaksie op die vraag en verwagtinge van die eindverbruiker.
Die kweking van nuwe variëteite is ingewikkeld, tydsaam en kan duur wees. Om ‘n variëteit behoorlik te evalueer en tot ‘n volwaardige kommersiële variëteit te ontwikkel kan tot tien, of selfs meer, jare neem. Daarom verseker die PBR-stelsel dat dié moeite beloon word deurdat die reg om nuwe variëteite sonder toestemming te gebruik, inperk.
Vir meer inligting, kontak Mdu Khumalo by tms@citrogold.co.za of besoek www.citrogold.co.za vir inligting oor verskillende variëteite en dienste.
EINDE
Citrogold is toegewyd tot die sukses van ons kliënte deur ‘n voordurende fokus op uitstaande dienslewering aan rolspelers in die sitrusbedryf. Ons samewerkende span-benadering stel ons in staat om met ons produsente saam te werk om tasbare resultate te behaal.
VERSTAAN PLANTEKWEKERSREGTE
Aanskaffing van beskermde variëteite.
Hou die volgende in gedagte wanner jy ‘n beskermde variëteit aankoop
Kontrakte
- Maak seker dat jy die kontrak verstaan
- Die kontrak verleen aan die produsent ‘n beperkte en nie-eksklusiewe lisensie om materiaal van die variëteit aan te plant vir die doel van produksie, verspreiding en verkope van die vrug. Op sy beurt stem die produsent in om verwante fooie te betaal en om die kontraktuele bepalings en voorwaardes na te kom.
- Die produsent verbind hom daartoe om nie enige van die plantmateriaal van die variëteit vir voortplantingsdoeleindes te vermeerder nie (m.a.w. om die aantal bome op sy/haar plaas te vermeerder buite die kontraktuele ooreenkoms), of enige persoon toe te laat om dit te doen nie.
- Koste en tantième: die kontrak dui die koste aan wat van die produsent vir die aanplanting van die plantmateriaal verhaal sal word.
Waarborge en risiko’s
- Variëteitsbestuurders produseer of verkoop nie self bome nie en is dus nie deel van die ooreenkoms tussen die produsent en die kwekery nie, maar voorsien produsente van die reg op toegang tot die plantmateriaal. Die produsent moet dus seker maak dat die bome wat van die kwekery gekoop is, wel die bome van die betrokke variëteit is en in goeie toestand is. Die variëteitsbestuurder lewer dus geen uitdruklike of geïmpliseerde waarborg van bemarkbaarheid, afwesigheid van siektes of inherente gebreke in terme van die kwekeryplantmateriaal nie. Die kwaliteit van die bome en die diens van die kwekery, is ‘n saak tussen die kwekery en die produsent.
- Bemarking
- Om te verseker dat die vrugte van die variëteit optimaal bemark word en die waarde van die variëteit gehandhaaf word, kan die teler en/of die variëteitsbestuurder bemarkingsbeperkings oplê.
- Die beperkings mag die gebruik van gemagtigde vennote (bv. verpakkers, uitvoerders en/of bemarkingsagentskappe) wat spesifieke kriteria nakom insluit. Invoerders in vrugontvangende lande kan versoek word om soortgelyke keuring te word.
Hoe kan ons help?
Citrogold, ‘n toonaangewende Suid-Afrikaanse variëteitsontwikkelings- en bestuursmaatskappy, het reeds verskeie nuwe sitrusvariëteite suksesvol bekendgestel en só die mededingendheid van die plaaslike sitrusbedryf aansienlik verbeter. Nuwe variëteite sluit ook subtropiese produkte soos avokado, granaat, mango, makadamia en grenadilla in.
Citrogold help kwekers van innoverende variëteite om hierdie variëteite kommersieel te ontwikkel (plaaslik en internasionaal) en onderneem tegniese evaluering van variëteite in verskillende produksie-areas. Na afloop van die registrasie van nuwe variëteite, stel die maatskappy hierdie variëteite aan produsente bekend en deel inligting oor die potensiaal van variëteite in spesifieke produksie-areas.
Tegniese ondersteuning
As ‘n variëteitsbestuursmaatskappy kan Citrogold produsente wat sy variëteite plant, ‘n sekere vlak van tegniese ondersteuning bied. “Ons evalueer voortdurend die prestasie van ons variëteite en deel produksieriglyne met ons produsente,” sê Mdu Khumalo, bemarkings- en verkoopsbestuurder. “Tydens die kommersiële ontwikkeling van enige van ons variëteite, klassifiseer ons die variëteite in vier risikokategorieë om voornemende produsente in staat te stel om te besluit wat om te plant of wanneer om te plant:
- Potensiaal: baie hoë risiko – baie vroeë stadium van evaluering
- Eksperimenteel: hoë risiko – nog in vroeë stadium van evaluering, maar met meer bekende faktore
- Semi-kommersieel: medium risiko – produksie-nuanses word verfyn
- Kommersieel: laer risiko – die meeste produksie-nuanses en variëteitfaktore is bekend
NOTA: Nuwe variëteite word deur die wet beskerm en moet onder lisensie en binne die regulasies wat uiteengesit is in die Plant Breeders’ Rights Act No. 15 van 1976 van Suid-Afrika (PBR-wet) gebruik word. Wanneer beskermde variëteite in ander lande geproduseer of daarheen uitgevoer word, moet die betrokke regulasies van daardie lande nagekom word.
Vir meer inligting, kontak Mdu Khumalo by tms@citrogold.co.za of besoek www.citrogold.co.za vir inligting oor die verskillende variëteite en dienste.
EINDE
Citrogold is toegewyd tot die sukses van ons kliënte deur ‘n voordurende fokus op uitstaande dienslewering aan rolspelers in die sitrusbedryf. Ons samewerkende span-benadering stel ons in staat om met ons produsente saam te werk om tasbare resultate te behaal.